Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive




SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 05 APRIL 2015



Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)



Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.



Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.



IN DIE WEEK SE NUUS

DIE NUWE RADIOREGULASIES GEPUBLISEER

OPERASIONELE NUUS VANAF VERSKEIE AMATEURS

WINTER FREKWENSIE SKEDULE VIR AMATEUR RADIO TODAY

SARL AJV, BESPREEK VROEGTYDIG

** OKOSA het die afgelope week die nuwe radio regulasies in die staatskoerant gepubliseer. Van die mees ingrypende veranderinge vir radio amateurs is die vermeerdering van krag tot op 1kW op die meeste bande asook die uitbreiding van die 160 meter band tot by 2 MHz. Nog ‘n bonus is die verhoogde kraguitset vir klas “B” amateurs tot op 100watt.

Luister gereeld na die SARL nuusbulletins vir volledige inligting rakende hierdie en ander veranderinge

** Twee amateurs het ons laat weet dat hul spesiale operasionele geleenthede beplan oor die volgende klompie weke.

Pieter Jacobs, V51PJ, naby Rosh Pinah het laat weet dat hy en Marcos Turbo, PY1MHZ, in Rio de Janeiro beplan om seine teen die internasionale ruimtestasie te kaats op 144 MHz. Indien hulle suksesvol is sal die totale kommunikasie pad oor 5000km strek, 2500 tot by die ISS en 2500 terug Pieter se dat sy 2 kW versterkers reeds by hom gearriveer het maar dat die koaks voerlyn wat tans geïnstalleer is nie hierdie krag kan hanteer nie. Hy beplan dus om die voerlyn te vervang en wag ook nog vir nuwe rigstralers wat deur Pine ZS6OB vervaardig word. In die lig hiervan sal die voorlopige toetse met slegs ‘n 10 element rigstraler gedoen word.



** Dan het Andre, ZS1AZ, laat weet dat hy aktief sal wees op die 80, 40 en 20 meter bande vanaf Malagas tussen 8 en 12 April 2015. Hy beplan om die ZS1OAR roep sein te gebruik.

Andre sê besoekers is welkom en kampeer geriewe is beskikbaar. Om meer uit te vind skakel vir Andre op 028-5142018 of 072-7291680.

** Amateur Radio Today se nuwe kortgolf skedule vir die winter het reeds op 29 April in werking getree. Van nou tot en met 24 Oktober sal hierdie frekwensies in gebruik wees. Sondae, om 10:00 plaaslike tyd, kan jy inskakel op ‘n uitsending vanaf Meyerton op 7205 kHz. Hierdie uitsending geskied teen 100 kW en is gerig op Suider Afrika. Terselfdertyd kan luisteraars in Oos en Sentraal Afrika inskakel op die 25kW uitsending vanaf Meyerton op 17660 kHz.

Maandagaande om 18:30 Plaaslike tyd is daar weer ‘n 100kW uitsending gerig op Suider Afrika maar die keer op 3230 kHz.

Afgesien van hierdie uitsendings wat deur SENTECH geborg word kan amateurs ook inskakel op ‘n uitsending van Louis de Bruin ZS5LP in Durban op 7082 kHz laer syband. Daar is verskeie herleidings op BHF en UHF regoor Suid Afrika deur verskeie klubs en individue. Daar is ook ‘n potgooi deur Dick ZS6RO beskikbaar via ‘n skakel op die SARL webblad

** The SARL Nasionalekonvensie vind oor twee weke in Bloemfontein plaas. Meer inligting kan verkry word vanaf die SARL webblad www.sarl.org.za



Een van die doelwitte van die Algemene Jaarvergadering wat tydens die konvensie gehou word is om die begroting vir 2015/ 2016 goed te keur. Dit kan egter net gedoen word indien daar ‘n kworum, ten minste 10% lede, teenwoordig is. ‘n Kworum kan bereik word deur fisiese bywoners asook proxy stemme wat deur sodanige bywoners gehou word.



Maak asseblief moeite om hierdie vergadering by te woon en indien jy dit nie kan maak nie laai die proxy vorm af, vul dit in en stuur aan die SARL kantoor.



** 'n Aansoek om lidmaatskap van die SARL is ontvang van Fuad Vally ZSL1140:



Enige besware teen die aanvaarding van die lidmaatskap aansoek moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Lidmaatskap tal van die SARL is tans 1634 plus 38 geaffilieerde klubs.

Daar is 38 inskrywings vir die Mei RAE



** Gedurende die afgelope week was daar verskeie navrae oor die HAMNET 40 meter gesimuleerde nood kompetisie op die SARL forum.

Toestande gedurende die kompetisie was baie swak, veral oor die Kaap. Daar was egter heelwat aktiwiteit vanaf divisie 6 maar slegs 9 logstate is ontvang.Hier volg dan nou die uitslae.



Enkel operateur Stilstaande Mobiel

ZR6GC 560



Enkel operateur draagbaar

ZS5MB 500

ZS6WBT 468

ZS6BV 336

ZS2U 54

ZS2DH 48

Multi operateur draagbaar het geen inskrywings gehad nie



Enkel operateur Basis

ZS4DZ 1176

ZS6APT 336

ZS90SARL 208



HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING



Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte son aktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel.



Die verwagte effektiewe sonvlek telling vir die week is ongeveer 70 vir diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen.



Amateurs kan veral laatmiddag goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.



Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



Die week se dagboek



5 April - die sluitingsdatum vir Suid-Afrikaanse Radioliga BHF / UHF logstate

9 April - die sluitingsdatum vir registrasie vir die Mei RAE en sluitingsdatum vir 80 m QSO geselligheid logstate

11 April - die Suid-Afrikaanse Radioliga Herfs QRP Kompetisie

11 April - Opedag vir die 2015-Stars of Sandstone, luister uit vir ZS4AFV

17-19 April - die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Konvensie in Bloemfontein

18 April - Wêreld Amateurradio Dag



Om die nuusbulletin mee af te sluit, net weer `n terugblik op ons hoof nuusberig.





OKOSA het die nuwe radio regulasies gepubliseer en sovêr is dit goeie nuus vir amateurs. Die 160 meter band is uitgebrei en daar is ook ‘n vermeerdering van kraguitset tot 1 kilowatt. Klas B lisensie houers het ook ‘n bonus ontvang. Vind meer uit in volgende week se bulletin.



En dit bring ons aan die einde van hierdie week se bulletin:



** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4895 kHz plaas.



Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.



Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ettiene Naude, ZS6EFN, en gelees deur ...........................................................



Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe.



Totsiens





Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003